People Plus International is ‘n afdeling van People Plus, en is gebaseer in Nederland en Suid-Afrika.
Ons spesialiseer in konstruktiewe arbeidsbetrekkinge en beskik oor meer as 20 jaar se ondervinding waarmee ons ‘n bydrae lewer tot volhoubare, konstruktiewe verhoudings tussen bestuur en werknemers.
Ons span bestaan uit Nederlandse en Suid-Afrikaanse opleiers en konsultante. Werkswinkels en opleidingsessies kan in Engels, Afrikaans, Nederlands, Xhosa en Zoeloe aangebied word.