Tuisblad

U is ‘n suksesvolle ondernemer in die vrugte-bedryf. U lewer u produkte reeds vir ‘n geruime tyd aan internasionale markte soos bv Europa en die VSA. Handelaars en verbruikers verwag dat u produkte aan die hoë standaarde van die internasionale voedselbedryf voldoen.

Daar is deesdae nuwe uitdagings wat u in die gesig staar. Die internasionale aanvraag na vrugte en groente het toegeneem en verbruikers het ‘n groeiende bewustheid van hoe hulle daaglikse keuses die sosiale- en omgewings-toestande van werkers beïnvloed. Publisiteit oor problematiese werksomstandighede het verder bygedra tot verhoogde belangstelling aan verbruikerskant oor waar die produkte vandaan kom en onder watter omstandighede dit geproduseer is.

Daar is nou, meer as ooit vantevore, ‘n dringende behoefte om volhoubare en goeie landboupraktyke in die landbousektor te bevorder. SIZA1 het gevolglik ‘n maatstaf ontwikkel wat daarop gerig is om besigheid te ondersteun om verbeterde kwaliteit, voedselveiligheid en werksomstandighede aan die hand te werk.

Hierdie nuwe ontwikkelings kan vir u ‘n geleentheid bied, maar tegelykertyd ook ‘n moontlike bedreiging wees.

Indien u nie aan hierdie standaarde voldoen nie, mag die gevolg wees dat u ‘n gedeelte van u mark-aandeel kan verloor. Swak werksomstandighede of onproduktiewe arbeidspraktyke kan u besigheid skade berokken. Hoe voldoen u aan die nuwe uitdagings van die mark? Hoe dra u by tot volhoubare produksie? Hoe bemagtig u u werknemers? En hoe bestuur u verandering?

As een van SIZA se geakrediteerde opleidingsinstansies, is ons gretig om u te ondersteun met die ontwikkeling van u besigheid, bestuur en werknemers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>